Die Liefdekrans, gedruk in 1725 is ‘n dankie sê epiese gedig wat vertel hoe stamvader Philip Morkel meer as 80 skipbreukelinge van die Schoonenberg (in dokumente word dit ook die Schonenberg genoem) gehuisves het. Dit is een van die besondere erfstukke in die familie. PW Morkel vertel die geskiedenis van die gebeure in sy boek en dit is op ons webwerf. Hierdie verhaal is in skerp kontras met die kleurryke verdigsels van joernaliste soos Rosenthal en Green. Dr Jan Malan het pas sy uitgebreide navorsing oor die stranding gepubliseer in die SA Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis en met toestemming plaas ons dit op die webwerf. Daar is sommer baie meer oor wat gebeur het en die struwelinge tussen die kaptein van Soest en sy bemanning. Die verhaal is spannend genoeg en het nie die joernaliste se borduurwerk nodig nie.
Baie dankie Jan vir jou deeglike navorsing en lekker lees verhaal. Ek hoop om die bestaande storie op die webwerf binnekort oor te skryf in die lig van Malan se werk.
The Liefdekrans, printed in 1725 is a thank you ode from the survivors of the wreck of the VOC ship Schoonenberg (also named Schonenberg in the records). It documents how more than 80 of them received hospitality from stamvader Philip Morkel after they had walked from for six days in the wildernis. It is a special heirloom in the Morkel family, and the story was told by PW Morkel in his 1961 book on the family, and on our website. It contrasts sharply with lurid telling by journalists Rosenthal and Green. Dr Jan Malan has just published his extensive research about the wreck in the SA Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis and we have posted it on our website with permission. It is a great story well told. There is much more about the conflict between captain van Soest and his crew. The story is exciting enough without the embroidery of journalists.
Thanks you so much Jan for your thorough research and readable account. I plan to rewrite our own story of the events on the website to include Malan’s research.